Rwandese voortvlugtige se saak uitgestel

Die saak teen ‘n voortvlugtende man wat gesoek word in verband met die Rwandese slagting in 1994 is in die Kaapstadse landdroshof tot 9 Junie uitgestel. Die saak is uitgestel sodat die klagstaat afgehandel kan word. Fulgence Kayishema is verlede maand in die Paarl in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en die oortreding van immigrasiewetgewing. Interpol en die Verenigde Nasies soek Kayishema sedert 2001 vir misdade teen die mensdom in Rwanda. Hy het na bewering opdrag gegee dat sowat 2 000 Tutsi’s, wat in ‘n kerk geskuil het, doodgemaak moet word.