NamPower: Venstertydperk vir afskryf van rente verby

Dieselfde plaaslike owerhede in die Suide en Nored is steeds in die rooi NamPower en het nog steeds nie hul rekenings vereffen nie. Cenored Okahandja, die Karas-streeksraad, die plaaslike owerhede van Lüderitz, Gochas, Witvlei en Gobabis het reeds hul rekeninge aan NamPower betaal, asook Stad Windhoek vir Groot Aub en Brakwater. Die kragvoorsiener, wat meer as ‘n miljard Namibiese dollar deur sy wan-betalende kliënte geskuld word, sê die venstertydperk vir die afskryf van rente is verby nadat die spertyd vir die betaling van uitstaande rekeninge Woensdag verby is. NamPower gaan steeds beurtkrag in fases vanaf Maandag 5 Junie begin.