Man in Swede vas oor verspreiding van militêre inligting

‘n Man is in Swede daarvan aangekla dat hy sensitiewe militêre inligting versprei. Die Sweedse polisie sê die man het geheime inligting oor talle militêre instellings besit en versprei. ‘n Senior amptenaar van die vervolgingsgesag, Lars Hedvall sê in ‘n verklaring dit word as ‘n ernstige misdaad beskou omdat dit inligting oor Swede se vermoë om homself te verdedig blootlê en nasionale sekerheid in die gedrang kan bring.