SA kan nie Cyril-Lindiwe debakel bekostig nie

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Daniel Silke sê die debakel tussen President Cyril Ramaphosa en die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, is ‘n politieke onderonsie wat die land nie nou te midde van ‘n ernstige ekonomiese krisis kan bekostig nie. Die minister het verlede week in die openbaar die Presidensie se verklaring ontken dat Ramaphosa haar aangespreek het oor haar omstrede bewerings oor die regstelsel, en dat sy dit teruggetrek het. Silke sê Ramaphosa moet sy uitvoerende gesag vasvat, anders kan verdere ontwrigting ‘n domino-effek hê wat sy gesag ondermyn: