Versigtig vir lang-Covid met Omikron

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê terwyl Omikron nie so gevaarlik is soos Delta nie, is daar steeds ‘n groot risiko dat mense wat die variant opdoen, lang Covid kan kry. Persone met onderliggende toestande is veral kwesbaar. Die WGO se Maria van Kerkhove sê alle maatreëls moet benut word om die verspreiding van die variant te verhoed.