Vierde vlaag amper in die Kaap verby

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê die einde van die vierde Covid-19-vlaag in dié provinsie is in sig. Sodra die getal daaglikse nuwe gevalle op ‘n sewe-dag-gemiddeld 600 gevalle bereik, is die vierde vlaag verby. Volgens die Suid-Afrikaanse Covid-19-modelkonsortium, is Gauteng die eerste provinsie waar die vierde vlaag amptelik iets van die verlede is. Winde sê hulle sien ‘n afname in gevalle, sterftes en hospitaal-opnames: