SA inentingskenner sê inenting van kinders is vermorsing van entstowwe

Die Suid-Afrikaanse inentingskenner, professor Shabir Madhi, sê die inenting van die land se kinders op hierdie tydstip blyk ‘n vermorsing van waardevolle dosisse Covid-entstof te wees. Madhi, die dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Wits Universiteit, sê kinders loop ‘n baie laer risiko om ernstige vorme van Covid-19 te ontwikkel, as hulle die virus-siekte opdoen. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …