Arbeidskenner: Klou vas aan jou werk

Meer as 800 werksoekers het vir vir 29 skoonmaakposte in die Omusati-streeksraad aansoek gedoen. Dit bevestig die werkloosheidskrisis wat Namibiërs in die gesig staar. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, sê mense is desperaat om enige werk te kry. Hy sê mense moet aan hul werksgeleenthede vasklou.