OVK pulibseer uitslae van SA munisipale verkiesing

Die 14-dag tydperk vir politieke partye om koalisies te vorm in rade waar ‘n volsterkte meerderheid nie behaal is nie, het vandag begin. Dit volg nadat die Verkiesingskommissie die name en die toekenning van setels aan die 9 473 raadslede wat in verlede week se verkiesing gewen is, in die Staatskoerant gepubliseer het. Die gepubliseerde lys sluit nie die 60 persent setels in Distriksrade in nie. Hierdie raadslede sal verkies word by die eerste vergadering van plaaslike rade. Die kommissie het ook die lys van 70 rade gepubliseer waar geen party ‘n volstrekte meerderheid behaal het nie.