SA ekonomie krimp steeds, wek kommer

Business Unity South Africa het sy kommer uitgespreek oor die ekonomie wat geleidelik daal en besig is om in te krimp. Dit is ondanks die feit dat die ekonomie in die eerste kwartaal van die jaar met 1,1 persent gegroei het. Dit volg ná die hersiene 1,4 persent styging in die reële bruto binnelandse produk in die vierde kwartaal van verlede jaar. Die ekonomie het op ‘n jaargrondslag met 4,6 persent kwartaal-op-kwartaal gegroei. Die uitvoerende hoof van Business Unity South Africa, Cas Coovadia, sê dit kom daarop neer dat die ekonomie eintlik die afgelope vyf jaar stilgestaan het: