Verregse Kanadese in Trudeau se visier

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het beloof om die land se stryd teen verregse rassistiese groepe te verskerp. Dit volg na die dood die naweek van vier lede van ‘n Moslem-gesin in die stad London, in Ontario. Hulle is omgery deur ‘n man wat ‘n bakkie bestuur het. Die 20-jarige Nathaniel Velman is in hegtenis geneem en staan tereg op vier aanklagte van moord en een van poging tot moord. Trudeau sê die polisie glo dit was beplan en met voorbedagte rade uitgevoer: