SA-brandstofprys – Namibiese verbruikers is nie gespaar nie

Ekonome meen dat die Suid-Afrikaanse brandstofprysverhoging ook ‘n wesenlike impak op Namibiese verbruikers sal hê. Die petrolprys in die buurland het met 91 sent per liter gestyg en diesel is 58 sent per liter duurder. Suid-Afrika is Namibië se grootste handelsvennoot vir invoere en die jongste syfers toon dat net meer as 36 persent van invoere in Junie was van die buurland afkomstig. Die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê Namibiese huishoudings sal meer betaal, nie net vir die vervoer nie, maar ook vervaardigingskostes.