Stormers vertrek na Brittanje vir belangrike VRK-wedstryde

Rugby: ‘n Stormers-groep van 27 spelers vertrek vandag uit Kaapstad vir twee belangrike Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde. Die Stormers is tans in die vyfde posisie op die algehele punteleer en pak die Dragons Vrydag in Newport, voordat hulle volgende Saterdag in Galway teen Connacht te staan kom. Die agterspelers Angelo Davids en Sacha Feinberg-Mngomezulu maak hul terugkeer ná beserings. Die vleuels Leolin Zas, Ben Loader en Courtnall Skosan, die senter Ruhan Nel, die skrumskakel Paul de Wet en die voorspelers Deon Fourie, Lizo Gqoboka en Ali Vermaak is weens beserings nie oorweeg nie.