Rusland verskerp aanvalle in die Oekraïne

Russiese langafstand kruismissiele het drie mense in die sentrale stad Dnipro in Oekraïne gedood toe hulle ‘n ruimtevuurpyl-aanleg en ‘n nabygeleë straat getref het. Sowat 15 mense is beseer en naburige geboue is beskadig. Die vuurpylaanleg vervaardig ook satelliete en een is deur Elon Musk se SpaceX-maatskappy die ruimte in gestuur. Russiese media berig die minister van verdediging, Sergei Shoigu het sy magte opdrag gegee om hulle operasies in Oekraïne te verskerp om Oekraïnse artillerie en missielaanvalle op Russies-beheerde gebiede te verhoed.