Atlete by Oregon geskors vir opkikkers

Die Keniaan Lawrence Cherono en die Amerikaner Randolph Ross is uit die Wêreld-kamioenskappe in Oregon in die VSA geskors weens die gebruik van opkikkers. Albei atlete sou vandag deelneem – Cherono aan die marathon en Ross aan die 400-meter uitdunne. Die 33-jarige Cherono het die Boston- en Chicago-marathons gewen en was verlede jaar vierde by die Olimpiese Spele in Tokio.