Rusland appelleer oor sokker-verbod

Die Hof vir Arbitrasie in Sport het bevestig hy het ‘n aansoek om appèl van Rusland ontvang nadat Fifa en Uefa hom uit kompetisies geskors het. Die twee beheerliggame het Rusland se nasionale en klubspanne tot verdere kennisgewing uit internasionale kompetisies geskors nadat dié land Oekraïne binnegeval het. Die Russiese sokkerunie hou vol Fifa en Uefa het basiese regte, sportbeginsels en regverdigheid oorboord gegooi toe hulle die land se spanne deelname verbied het. Die hof sê hy hoop om binne dae ‘n dringende tussentydse bevinding te lewer.