Smith kry steeds eer vir King Richard

Die akteur Will Smith sê King Richard se goeie ontvangs oor die wêreld heen is verblydend. Smith en Aunjanue Ellis het by die rolprentfees in Santa Barbara die toekennings vir uitstaande kunstenaars van die jaar ontvang vir hul vertolking van Richard en Oracene Williams, die ouers van die beroemde tennissterre, Venus en Serena. Die akteurs is ook albei vir ‘n Oscar benoem. Smith sê om Richard in die rolprent te vertolk was moeilik, maar bevredigend: