Rundu waterkrisis: dis die inwoners se skuld

Die Rundu dorpsraad plaas die blaam vir die opskorting van waterlewering deur NamWater op die dorp se inwoners. Rundu is reeds drie dae sonder water. Ingevolge die jongste maatreëls wat deur NamWater ingestel is, moet die dorpsraad water vooraf betaal as gevolg van 124 miljoen dollar se skuld by die watervoorsiener. Volgens die woordvoerder van die dorpsraad Benjamin Makayi sê hulle bestee ongeveer 6 miljoen dollar maandeliks op voorafbetaalde water maar net 30 persent van inwoners betaal hulle rekenings. Hy voeg by dat almal beïnvloed word deur die inwoners se versuim om te betaal, selfs die wie se rekenings op datum is. Op die oomblik gebruik inwoners ongesuiwerde rivierwater.