UCT sê jy moet ingeënt wees, hof sê Unisa moet Afrikaanse onderrig aanbied

Die Senaat van die Universiteit van Kaapstad het ten gunste van ‘n voorgestelde beleid oor verpligte Covid-19-inentings gestem. ‘n Totaal van 183 het ten gunste van die voorstel gestem, met 32 daarteen en vyf wat buite stemming gebly het. Die Senaat het ‘n aanbeveling aan die universiteitsraad gemaak om die mandaat op 1 Januarie volgende jaar in werking te stel. Daarvolgens sal alle personeel en studente aanvaarbare bewyse van inenting moet lewer. Intussen het die Konstitusionele Hof beslis dat die huidige taalbeleid by Unisa, wat slegs voorsiening maak vir Engels as primêre onderrigtaal, ongrondwetlik is. Die hoof van kultuursake by AfriForum, Alana Bailey, sê die uitspraak is van uiterste belang vir alle Afrikaanssprekende studente in die land, en Afrikaans se toekoms as hoëfunksie taal. Afriforum het die aansoek gebring.