Rundu-inwoners skop vas teen waterbetalings

Die uitdagings van die Rundu-dorpsraad duur voort met agterstallige waterrekenings. Volgens die raad se hoof uitvoerende beampte, Olavi Nathanael skop inwoners vas en wil nie hulle rekenings betaal nie. Die dorp was onlangs dae lank sonder water en is ook op die voorafbetaalde waterstelsel van NamWater.