Lae inentingskoers wek plaaslik kommer

Die vertraging of weiering onder sommige Namibiërs om die Covid-19-entstof te neem, het die doeltreffendheid van die inentingsveldtog in die land geknou. ’n Derde van die respondente van ’n onlangse WGO/Namibië-opname oor die nakoming van Covid-19 openbare gesondheidsmaatreëls was weens veiligheidskwessies nie bereid om ingeënt te word nie. Dit tesame met die beperkte beskikbaarheid van entstowwe het bygedra tot die lae opname van die Covid-19-entstowwe met slegs ‘n lae persentasie van die Namibiese bevolking wat hulle eerste dosis ontvang het sowel as dié wat volledig ingeënt is. Daar word beraam dat die land dalk minstens 10 000 mense per dag sal moet inent om sy teiken van 60 persent van die bevolking te bereik. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur by die Namibiese ministerie van gesondheid.

Nangombe het bygevoeg dat die regering uit sy pad gaan om elke Namibiër te bereik deur inentingsplekke oral in die land tot stand te bring.