Akademiese jaar: Kom ons fokus op geluk, sukses

Skole in Namibië het vandag die akademiese jaar begin onder moeilike omstandighede, veral met die hoogs aansteeklike Omikron-variant. Graad 11-leerders is ook besig met eksamens omdat vraestelle verlede jaar uitgelek het maar, die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, sê ons moet nie daarop fokus nie. Sy sê ons moet eerder fokus op sukses, en geluk.