Rugby was vol verrassings die naweek

Dit was ‘n naweek van rugby-verrassings. Die Stormers het die Bulle met 18 – 13 in Kaapstad in die Verenigde Rugbykampioenskap verslaan en in die tweede semifinaal van die Curriebeker, het die Pumas ‘n 38-35 oorwinning oor die Cheetahs in Bloemfontein behaal. Die Pumas sal dus volgende naweek teen die Griekwas, wat die Bulle Vrydagaand 30-19 gewen het, in die finaal speel. Dit is die eerste keer sedert 1970 wat die Griekwas vir die Curribeker-finaal kwalifiseer.