Word Grove Mall aan Zim-beleggers verkoop?

Atterbury Property Holdings in Suid-Afrika is volgens berigte uit Zimbabwe in gesprek om Grove Mall of Namibia te verkoop aan Zimbabwiese beleggers, hoofsaaklik pensioenfondse. Volgens media in Zimbabwe, bemiddel Stratus Capital Partners en Bard Santner Markets die transaksie van 1,8 miljard Namibiese dollar. Bard word gelei deur die bankier Senziwani Sikhosana wat aan die media gesê het die ooreenkoms kan nie nou openbaar bespreek word nie. Zimbabwiese pensioenfondse belê toenemend in ‘n verskeidenheid bates wat vaste eiendom, infrastruktuur en sekuriteite insluit, om inflasie te verskans. Grove is die grootste winkelsentrum in Namibië, met 52 000 vierkante meter. Dit is gebou teen ‘n koste van 1 miljard Namibiese dollar.