Oorlog in Oos-Europa kan nog jare duur – Navo

Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg sê aan Duitse media dat die oorlog in die Oekraïne nog jare kan duur. Volgens hom sal die verskaffing van moderne wapentuig aan Oekraïense troepe die kans vergroot om die oostelike Donbas-streek van Russiese beheer te bevry.  Oekraïnse magte staar verskerpte Russiese aanvalle in die gesig na die EU aanbeveel het dat die land die status van ‘n kandidaat moet kry om by die blok aan te sluit. Stoltenberg sê dat ondersteuning vir die Oekraïne moet voortduur, ten alle koste.