Rugby: Vyf veranderings aan SA A-span teen Bristol Bears

Rugby: Die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu en die flank Marco van Staden is in Suid-Afrika A se beginspan vir Donderdag se kragmeting met die Engelse klub, Bristol Bears. Hoofafrigter Mzwandile Stick het vyf veranderings aan die opdrafspan aangebring wat in Cork 28-14 teen Munster verloor het, met 12 Springbokke in die wedstrydgroep. Volgens Stick is die veranderings daarop gemik om ander spelers ʼn kans te gee, maar ook om goeie spelpeil te beloon.