VN-hoof doen beroep op G20 om klimaatsverandering te takel 

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het ʼn beroep gedoen op die leiers van die G20 om sy inisiatiewe te ondersteun om klimaatsverandering aan te spreek, asook volhoubare ontwikkeling, die wêreldwye krisisse ten opsigte van voedsel en energie en digitale transformasie. Hy het aan die leiersberaad in Bali, Indonesië, gesê die G20 is die basis om verskille te oorbrug en om ʼn oplossing vir hierdie krisisse te ontwikkel. Guterres het ‘n solidariteitsverdrag ten opsigte van die klimaat voorgestel wat ontwikkelde en opkomende ekonomieë bymekaar sal bring om hulpbronne en vermoëns tot voordeel van almal te kombineer. Hy sê die ooreenkoms sal help om die afhanklikheid van fossielbrandstowwe te beëindig en om bekostigbare, volhoubare energie te verskaf.