Onwettige besetters deur vloede geraak 

Die minister van menslike nedersettings, Mmamaloko Kubayi, sê die regering kan nie verantwoordelik gehou word vir mense wat verkies om in gebiede te bly waar vloede gereeld voorkom nie. Dit volg nadat 344 gesinne in Soweto geraak is deur swaar reën. Sy sê mense wat hierdie ruimtes onwettig beset, is diegene wat deur oorstromings geraak word. Volgens Kubayi verkies mense om in Johannesburg te woon, want dit is ‘n ekonomiese spilpunt.
Mmamaloko Kubayi Dinsdag