Rooilyn bly in die nuus, oproepe dat dit moet waai, word harder

Die debat rondom die verwydering van die rooilyn is steeds ‘n warm onderwerp in die politieke arena. Die hofsaak waarin die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda eis dat die rooilyn verwyder word, word deur talle as ‘n bedreiging vir die Namibiese beesvleisbedryf beskou. Ander, soos Amupanda self, meen die rooilyn dateer uit die koloniale tyd wat gebruik is om Namibiërs te koloniseer en te verdeel. Asser Ntinda, ‘n veteraan joernalis van Namibië, sê dat soveel as wat die rooilyn-kwessie ingewikkeld is, moet Namibiërs Amupanda in sy stryd ondersteun.