Kunsmis-uitdagings bedreig voedselsekerheid

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die wêreldwye tekorte aan kunsmis bedreig voedselsekerheid. Nie net is die noodsaaklike produk nie in voorraad nie, dit is ook uiters duur wanneer dit wel beskikbaar is. Guterres sê alles moet gedoen word om die tekort aan te spreek.