Rittenhouse: regsman doen aansoek vir wanverhoor

Regsverteenwoordigers van Kyle Rittenhouse sê hulle gaan die hof vra om sy moordverhoor as wanverhoor te verklaar. Corey Chirafisi het die aankondiging so in die hof, na die verhoor afgesluit het, gemaak.

Dit handel oor beeldmateriaal wat deur ‘n hommeltuig van die skietery by Kenosha, Wisconsin, tydens ‘n protes in Augustus na die dood van George Floyd verlede jaar, geneem is. Chirafisi sê die beeldmateriaal wat hy ontvang het, het ’n baie laer resolusie as die beelmateriaal wat in die hof gebruik is. Die materiaal is ook laat deur die aanklaer ingedien. Die jurie het reeds Maandag verdaag om te begin delibereer. Rittenhouse, 18, kan lewenslank tronk toe gaan as hy skuldig bevind word op die skietdood van twee mense, en die besering van ‘n ander.