QAnon Shaman kry 41 maande tronkstraf

Jacob Chansley, bekend as die “QAnon Shaman,” is tot 41 maande tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die 6 Januarie opstand. Chansley, 34 jaar oud, het baie aandag getrek met die pels en horings wat hy op sy kop gedra het. Kenners in die VSA meen dat sy vonnis, die maksimum wat gegee kon word, as maatstaf gebruik sal word vir die meer as 660 sake in verband met die opstand. Regter Royce Lamberth sê Chansley kan nie wegkruip agter die verdediging dat dit Donald Trump se instruksies was nie en moet self verantwoording doen.