Riruako wil die volk verenig… verkies as tweede opperhoof

Die akademikus dr. Hoze Riruako is as die nuwe opperhoof van ‘n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid op Otjimbingwe verkies. Hy het 195 stemme gekry, teenoor PDM-leier McHenry Venaani se 41 en Mike Kavekotora van die RDP se 33 stemme. Nóg ‘n akademikus, professor Mutjinde Katjiua is verlede jaar deur ‘n ander faksie van die tradisionele owerheid as opperhoof verkies, wat deur die faksie by Otjimbingwe in die hof betwis word. Dr. Riruako sê dit is te vroeg is om te sê wat sy planne is, maar hy het aangedui een doelwit is om die Namibiese nasie te verenig.