Reuse-werksverliese in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat werksverliese in die provinsie ‘n groter bedreiging vir gesinne raak as Covid-19 en sy inperkings. Die kwartaallikse arbeidsmagoorsig, wat dié maand vrygestel is, het onthul dat die provinsie 15 000 werksgeleenthede kwartaal-op-kwartaal verloor het, en 113 000 werksgeleenthede jaar-op-jaar, tussen Maart 2020 en Maart vanjaar. Die DA se woordvoerder oor finansies en ekonomiese ontwikkeling, Bosman Grobler, sê die provinsie se uitgebreide werkloosheidsyfer het tot 47,6 persent gestyg van 41,1 persent in 2018 af.