Swartpoot-wildekat kry nuwe nekband én is dragtig

Prima, die eerste swartpoot-wildekat in Namibië wat in Februarie verlede jaar in die omgewing van Grünau met ‘n nekband toegerus is, het ‘n nuwe nekband gekry. Navorser en stigter van die Swartpoot-wildekat Werksgroep, Alexander Sliwa, het haar in ‘n vlak gat gevind gevind en sy is deur die Namibiese veearts, dr. Axel Hartmann, verdoof waarna Sliwa vir Prima ‘n nuwe nekband aangesit het. Volgens Sliwa is die oorsaak van haar vet pens dat sy waarskynlik in haar derde semester dragtig met twee katjies is. Swartpoot-wildekatte is die kleinste en van die skaarsste katte in Afrika. Prof. Morgan Hauptfleisch, die hoof van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit-navorsingsentrum, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus van die katjie.