Reuse-tekort aan geestesgesondheidsfasiliteite in Namibië

Die geestesgesondheidswetsontwerp sal vroeg volgende jaar in die parlement ter tafel gelê word, het die senior geestesgesondheidsbeampte in die gesondheidsministerie, Magdalena Didalelwa, gesê. Namibië het slegs een ten volle openbare geestesesondheidsfasiliteit by die Windhoek Sentrale Hospitaal, een saal by die Oshakati-staatshospitaal en die private Bel Esprit-fasiliteit. Data dui aan dat tussen April 2019 en Maart 2020, is ten minste 5 139 mense in hierdie fasiliteite opgeneem, en 9 782 was buite-pasiënte. Altesaam 82 119 pasiënte het weer die fasiliteite besoek. Die land het ook ‘n groot tekort aan psigiaters en gekwalifiseerde sielkundiges.