Namibië kan ook afname in huispryse verwag

‘n Namibiese eiendomsagent het reageer op die Suid-Afrikaanse opname van FNB Eiendomsagente. Dit dui aan die afwaartse neiging in huispryse het in September voortgeduur, met die aanwyser van die huispryse van FNB wat jaar-tot-jaar tot drie persent vir verlede maand gedaal het van 3,6 persent in Augustus. Dit beteken dat die groei in huispryse gemiddeld 3,5 persent was in die derde kwartaal van hierdie jaar, vergeleke met ‘n hoogtepunt van 4,8 persent in die vorige kwartaal. Dit is steeds bo 2019-vlakke, wat die positiewe uitwerking van laer rentekoerse op markbedrywighede en die veranderende behuisingsbehoeftes as gevolg van die pandemie weerspieël. Ann Tandeka Gebhardt verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom Namibië ook ‘n mate van afname kan verwag.

Sy vertel hoe eiendomsagente opgelei word en Namibiërs teen kansvatter-eiendomsagente gewaarsku.