Britte koop vroeg voor Kersfees Kerspoedings

Britte het verlede maand ‘n halfmiljoen Kerspoedings gekoop al is dit nog meer as twee maande voor Kersfees. Volgens syfers wat pas deur die marknavorser Kantar bekend gemaak is, het 449-duisend mense in September begin Kerspoedings koop, wat 75 persent meer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die verkope van bevrore vulsels is 37 persent hoër en dié van bevrore hoender en wild 35 persent hoër. Kommer oor leë winkelrakke neem toe terwyl die Verenigde Koninkryk se toevoerlyne deur ‘n tekort aan vragmotorbestuurders gekniehalter word.