Reuse-brand by Hoachanas onder beheer, baie infrastruktuur skade

‘n Vullishoop wat naby Hoachanas, noordoos van Kalkrand, Donderdag aan die brand gesteek is, het ‘n reuse-veldbrand veroorsaak. Die omvang van die skade moet nog bepaal word maar volgens Piet van Vuuren, ‘n boer in daardie omgewing, is baie infrastruktuur beskadig.