GRN het geen verskoning nie – Tucna

Die sekretaris-generaal van beide die Onderwysersvakbond, TUN, en die Vakbond Kongres van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha, sê nie die bepalings van die IMF-lening in verband met die staat se salarisstaat, nog Covid, of enigiets anders, kan gebruik word as verskoning om nie ‘n verhoging, die eerste sedert die einde van die 2016-boekjaar, aan staatsamptenare toe te staan nie.

Kavihuha het reeds verlede week aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat TUN-lede voorberei vir ‘n staking.