Wip-wip Formule 1 word aangespreek

Mercedes se Formule Een-renjaer, George Russell, sê dit is bemoedigend om te sien die sport se beheerliggaam, FIA, tree spoedig op oor die probleem met die op-en-af-wip-beweging, wanneer die motors teen ‘n hoë spoed wip. Verskeie bestuurders het gekla oor hierdie probleem by verlede naweek se Azerbaijan Grand Prix. Die FIA het ‘n tegniese opdrag aan die spanne uitgereik waarin uiteengesit word hoe hy beplan om hierdie kwessie aan te pak. Russell sê die veranderinge sal dalk nie al ‘n verskil in die Kanadese Grand Prix hierdie naweek maak nie: