Repokoers moes op, miljarde het die land verlaat

Die Bank van Namibië se ekonomiese herlewing seminaar is tans aan die gang saam met verskeie kenners. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab was vroeër aan die woord en sê dit was noodsaaklik om die repokoers te verhoog omdat meer as 7 miljard Namibiese dollar die land verlaat het as gevolg van die verskil van 25 basispunte teenoor die buurland s’n wat na 4 persent in Januarie opgestoot is.