Repokoers in November kan met 100 basispunte styg

Die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar speel ‘n wesenlike rol op die brandstofprys in ons streek. Maar, dit loop dieper as net dit. Volgens Theo Klein van Simonis Storm is die groot bron van kommer die Amerikaanse Federale Reserwebank wat nog twee rentekoers aankondigings het vanjaar. Sou die bank rentekoerse opstoot, sal dit die dollar verder versterk teenoor die rand, en die Suid-Afrikaanse Reserwebank, sowel as die Bank van Namibië het elk nog net een rentekoers-aankondiging vir vanjaar oor, in die buurland op 24 November en plaaslik op 30 November. Dus, word daar voorspel dat die twee sentrale banke moontlik die terugkoopkoers met 100 basispunte kan verhoog. Hy verduidelik.