Daar is genoeg dieselvoorraad by Walvisbaai se hawe

Dit is onwaar dat daar nie dieselvoorraad by die Walvisbaai-hawe is nie. ‘n Video op sosiale media doen die ronde en toon vragmotors wat wag. Volgens Cedric Willemse, uitvoerende hoof van logistiek en voorsiening by Namcor, is daar uiters baie diesel gelaai voor die prysstyging maar daar is wel voldoende voorraad en nog vragskepe is op pad.