Rekord sneeu in Noord-China aangemeld

Groot dele van Noord-China, insluitend die hoofstad Beijing, is getref deur ysige temperature en rekord sneeuval. Dit bedek die strate en veroorsaak vertragings in die verkeer. ‘n Koue front vroeër hierdie week het temperature sien daal met tot 14 grade Celsius. Die onlangse sneeuval in die gebied is die swaarste sedert daar 70 jaar gelede begin is om rekord te hou. Chinese media het een weerverwante sterfgeval aangemeld.