Omikron pootjie jagskou

Jagters van regoor die wêreld het in Dallas in Texas byeengekom vir die 40ste Dallas Safariklub Jagskou- en Konferensie, maar dit was nie so suksesvol soos voorheen nie. Talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste woon gewoonlik dié jagskou by. Volgens ‘n Namibiese professionele jagter, Jofie Lamprecht, was hy nie self by die skou nie, maar het sy span ‘n stalletjie by die skou beman. Lamprecht sê aan Kosmos 94.1 Nuus dié jagskou het weens die Omikron-variant nie soveel aftrek soos gewoonlik gekry nie.