Comrades-wenners kan N$1,2 miljoen in die sak steek  

Padwedlope: Die wenner van die mans- en die vroue-wedloop in Junie se Comrades kan elkeen prysgeld van tot 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die sak steek. Die organiseerders het bekendgemaak die wenner van die ultra-marathon ontvang 500 000 rand, nog ‘n half miljoen rand vir ʼn persoonlike beste tyd asook 200 000 rand vir die eerste Suid-Afrikaner oor die eindstreep. Al die mans wat verlede jaar in die eerste tien plekke geëindig het asook agt van die beste vroue het ingeskryf vir vanjaar se ietwat korter wedloop oor 87,7 kilometer van Pietermaritzburg na Durban op 11 Junie.