Reën vir die naweek voorspel

Weervoorspeller van die Namibiese Meteorologiese Dienste Odillo Kgobetsi bring goeie nuus vir Namibiërs in verband met reënvooruitsigte. Hy sê die noordoostelike, oostelike, suid-oostelike en sentrale dele van die land kan reën verwag. Reën sal welkom wees vir boere waar verwoestende veldbrande die afgelope maande hul weiding afgebrand het.