Nuwe, gemuteerde weergawe van Omikron gevind

Navorsers het nou ‘n nuwe, gemuteerde weergawe van Covid-19 se Omikron-variant gevind wat nie deur alle Covid-toetse as Omikron uitgeken word nie. Dit is pas deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aangekondig. Dit is geen rede tot kommer nie, sê dr. Richard Lesses, wat betrokke is by die opsporing van variante.