Reën in die land sal nou na die Ooste uitbrei

‘n Hoogdrukstelsel wat reënval in die oostelike gebiede van die land verhoed het, is besig om te verswak. Volgens die bekende weerkenner van die verre Suide, George van der Merwe, sal neerslae in die komende week baie beter in die gebied vertoon, wat verligting nie net vir Namibië sal bring nie, maar ook Botswana en Gauteng.